Opvoedkundige Sielkundige in die Pretoria, Centurion, Midstream area
Dr. Marisa van Niekerk, 
Opvoedkundige Sielkundige
  • Home
    • Tuis
  • About me
  • Educational Psychology
  • Blog
  • Contact me
    • Map and route description
  • Location
    • Map and route description
  • Newsletter
  • Specific services
    • School readiness assessments
    • Orthodidactic assessment
    • Therapy
    • Mental toughness
    • Picture index
  • Rates and payments
  • Ethical guidelines introduction
    • Ethical guidelines detail
    • Rights of users of psychological services
    • Regte van gebruikers van sielkundige dienste
  • Documents
  • Links
  • Twitter feeds

Help: my 3-jarige is aggressief

7/26/2014

 
Picture
Instrumentele aggressie kom algemeen tussen die ouderdom van 2 en 4 jaar voor.  Die doel van hierdie aggressie is nie om ‘n maat seer te maak nie, maar om iets in die hande te kry, soos byvoorbeeld ‘n speelding of om ‘n sekere area te annekseer.

Tussen die ouderdomme van 2 en 4 jaar leer kinders om hulle behoeftes in woorde uit te druk.  Die kind leer selfbeheer aan en die instrumentele aggressie word geleidelik minder.  Tussen die ouderdomme van 6 en 7 jaar is die meeste kinders minder aggressief, minder op hulleself gefokus en hulle kan beter kommunikeer.

Sommige kinders toon egter vyandige aggressie (aggressiewe gedrag om iemand anders seer te maak) en / of overte aggressie (aggressie wat direk en openlik op ‘n teiken gemik is).

Wat kan aggressie sneller?
  • gewelddadige fantasiespel
  • blootstelling aan aggressiewe volwassenes en geweld
  • inkonsekwente reëls (reëls wat elke nou en dan verander)
  • ouers wie se reëls baie van mekaar verskil
  • ouerskapstyle wat baie uiteenlopend is
  • aggressiewe maats.

Kinders wat dikwels gestraf word kan:
  • probleme ervaar om ander mense se woorde en dade te  interpreteer,
  • ouers se motief as vyandig ervaar, ten spyte daarvan dat dit nie die ouer se bedoeling was nie.

Kinders wat te streng gestraf word kan:
  • aggressief begin optree, omdat hulle gefrustreerd, seergemaak en verneder voel,
  • terug slaan, selfs al was ‘n ouer se bedoeling om sy kind se aggressiewe gedrag stop te sit.

Somtyds kan dit nodig wees om jou kind te straf as hy byvoorbeeld ‘n ander kind slaan en / of oor ‘n besige straat hardloop.

Belangrike aspekte om te onthou wanneer jy jou kind straf:
  • bly kalm,
  • moenie hom in die openbaar straf nie,
  • jou doelwit moet wees om sy samewerking te kry en nie skuldgevoelens by hom te kweek nie,
  • wees konsekwent, tree dadelik op en hou by die oortreding (moenie hom oor ‘n ander oortreding ook straf nie).

Kinders leer meer wanneer ouers begin om meer op hulle positiewe gedrag te fokus en dit te versterk in plaas daarvan om op hulle negatiewe gedrag te fokus.

Picture
Praktiese wyses om goeie gedrag te versterk:
  • ‘n glimlag,
  • ‘n drukkie,
  • woorde van aanmoediging en waardering,
  • ekstra aandag,
  • ‘n spesiale voorreg (waak egter daarteen dat dit iets is wat geld kos of voor die tv of rekenaar is) soos ‘n piekniek in die park of om langer buite te speel.

Dit is belangrik dat jou kind jou versterking van sy gedrag as belonend ervaar. Gee die versterking gereeld en op ‘n konsekwente basis. Jou kind se gedrag behoort hom geleidelik te ondersteun om te voel dat hy iets bereik het en in die proses goed oor homself te voel.

 (Bron: A child’s world: infancy through adolescence. Papalia, Olds and Feldman)

    View my profile on LinkedIn

    Author

    Dr. Marisa van Niekerk
    Educational Psychologist in Private Practice, Midstream Estate

    Archives

    April 2015
    March 2015
    February 2015
    September 2014
    July 2014
    May 2014
    January 2014
    April 2013
    February 2013
    November 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    March 2012
    February 2012

    Follow @DrMarisavan

    Categories

    All
    Aggressie
    Aggression
    Change
    Child Support
    Death
    Educational Psychology
    Emosies
    Emotions
    Grief
    Mental Toughness
    Moving
    Perfectionism
    Possibilities
    Relocate
    School Readiness
    Separation Anxiety
    Strengths
    Trauma

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.