Instrumentele aggressie kom algemeen tussen die ouderdom van 2 en 4 jaar voor. Die doel van hierdie aggressie is nie om ‘n maat seer te maak nie, maar om iets in die hande te kry, soos byvoorbeeld ‘n speelding of om ‘n sekere area te annekseer.
Tussen die ouderdomme van 2 en 4 jaar leer kinders om hulle behoeftes in woorde uit te druk. Die kind leer selfbeheer aan en die instrumentele aggressie word geleidelik minder. Tussen die ouderdomme van 6 en 7 jaar is die meeste kinders minder aggressief, minder op hulleself gefokus en hulle kan beter kommunikeer.
Sommige kinders toon egter vyandige aggressie (aggressiewe gedrag om iemand anders seer te maak) en / of overte aggressie (aggressie wat direk en openlik op ‘n teiken gemik is).
Wat kan aggressie sneller?
Kinders wat dikwels gestraf word kan:
Kinders wat te streng gestraf word kan:
Somtyds kan dit nodig wees om jou kind te straf as hy byvoorbeeld ‘n ander kind slaan en / of oor ‘n besige straat hardloop.
Belangrike aspekte om te onthou wanneer jy jou kind straf:
Kinders leer meer wanneer ouers begin om meer op hulle positiewe gedrag te fokus en dit te versterk in plaas daarvan om op hulle negatiewe gedrag te fokus.

- gewelddadige fantasiespel
- blootstelling aan aggressiewe volwassenes en geweld
- inkonsekwente reëls (reëls wat elke nou en dan verander)
- ouers wie se reëls baie van mekaar verskil
- ouerskapstyle wat baie uiteenlopend is
- aggressiewe maats.
Kinders wat dikwels gestraf word kan:
- probleme ervaar om ander mense se woorde en dade te interpreteer,
- ouers se motief as vyandig ervaar, ten spyte daarvan dat dit nie die ouer se bedoeling was nie.
Kinders wat te streng gestraf word kan:
- aggressief begin optree, omdat hulle gefrustreerd, seergemaak en verneder voel,
- terug slaan, selfs al was ‘n ouer se bedoeling om sy kind se aggressiewe gedrag stop te sit.
Somtyds kan dit nodig wees om jou kind te straf as hy byvoorbeeld ‘n ander kind slaan en / of oor ‘n besige straat hardloop.
Belangrike aspekte om te onthou wanneer jy jou kind straf:
- bly kalm,
- moenie hom in die openbaar straf nie,
- jou doelwit moet wees om sy samewerking te kry en nie skuldgevoelens by hom te kweek nie,
- wees konsekwent, tree dadelik op en hou by die oortreding (moenie hom oor ‘n ander oortreding ook straf nie).
Kinders leer meer wanneer ouers begin om meer op hulle positiewe gedrag te fokus en dit te versterk in plaas daarvan om op hulle negatiewe gedrag te fokus.
Praktiese wyses om goeie gedrag te versterk:
Dit is belangrik dat jou kind jou versterking van sy gedrag as belonend ervaar. Gee die versterking gereeld en op ‘n konsekwente basis. Jou kind se gedrag behoort hom geleidelik te ondersteun om te voel dat hy iets bereik het en in die proses goed oor homself te voel.
(Bron: A child’s world: infancy through adolescence. Papalia, Olds and Feldman)
- ‘n glimlag,
- ‘n drukkie,
- woorde van aanmoediging en waardering,
- ekstra aandag,
- ‘n spesiale voorreg (waak egter daarteen dat dit iets is wat geld kos of voor die tv of rekenaar is) soos ‘n piekniek in die park of om langer buite te speel.